Dienste

Ek bied omvattende individuele terapeutiese sessies wat ten doel het om die individu se unieke gesondheidsbehoeftes aan te spreek. 

‘n Omvattende evaluasie is die eerste stap waar 'n deeglike geskiedenis geneem word en die aanvang van  enige fisiese simptome ondersoek word. Dié inligting word dan gebruik om, tesame met die interpretasie van bestaande toetse o.a. bloedtoetse,  genetiese toetse of ander ondersoeke, 'n mediese voedingsdiagnose te maak. 

Dieetterapie het lewenslange implikasies - daarom moet aanbevelings volhoubaar wees! Dít vorm die basis van effektiewe voedingsterapie of intervene.

Opvolgafsprake stel ons in staat om vordering te meet en bied die geleentheid om enige vrae te vra of aanpassings te maak om optimale resultate te verseker.

As jy meer wil weet, bespreek gerus 'n gratis 10-minuut 'ontmoet'-sessie hier.

Bykomende Professionele Dienste

Gespesialiseerde voedingsdienste vir besighede, organisasies en publikasies sluit in:

Ontwikkeling van Voedingsgidse 

Inhoudskepping en Vakkundige Artikels 

Produkassessering en -ontwikkeling

Strategiese Beplanning en Ontwikkeling