Jy kán jou lewe verander met spesialis voedingterapie

Sukkel jy met simptome wat jou ongemaklik of moeg laat voel? Is jy bekommerd oor jou geheue, autoimmuun -of inflammatoriese toestande. Miskien sukkel jy met metaboliese sindroom, hoë bloeddruk, insulienweerstandigheid, diabetes of lewervervetting? Miskien voel dit vir jou asof jou hormone helemal deurmekaar is?

Simptome is soos 'n spieël - dit vertel die storie wat in jóú liggaam aan die gang is.

Wanneer die hele prentjie duidelik is m.a.w. al die faktore wat 'n rol speel in ag geneem word, kan effektiewe intervensie - 'n plan - beraam. Hierdie pasgemaakte metode ondersteun dan genesing, verbeter welstand en keer verdere agteruitgang of selfs toekomstige probleme.

‘n Belangrike deel van spesialisvoedingterapie is om die wisselweking tussen metaboliese, genetiese, omgewings -en historiese faktore te identifiseer. Daarna kan 'n pasgemaakte voorskrif of 'resep' ontwikkel word om die individu te help om seker te maak sy of haar liggaam het al die boustene (bv. vitamiene, minerale, proteïene, vette) om genesing, asook optimale werking, te verseker .

Bespreek 'n Konsultasie
minimalist design in faded black and white with a phone on a table with a cup of coffee and small flower vase and a window

Pasgemaakte Voedingterapie

By BeterEet word na jou gesondheid gekyk deur 'n lens geslyp deur meer as 30 jaar se uitgebreide kliniese ervaring. Evaluering van diagnostiese toetse (o.a. bloedtoetse) tesame met ‘n omvattende insig in die wisselwerking tussen voeding en alle aspekte van liggaamlike gesondheid, word ingespan om 'n persoonlike plan of voorskrif te ontwikkel wat by jou lewe en unieke vereistes pas.

Kontak ons

Een-tot-een Kontaksessie

‘n Een-tot-een konsultasie bied jou die geleentheid om baat te vind by persoonspesifieke aanbevelings om jou gesondheid te optimaliseer. Die eerste stap is ‘n omvattende evaluaring en ‘n voedingsdiagnose.

Bespreek 'n sessie