Spesialis Voedingterapie

Voeding is krities vir alle selfunksie en daarom behoort dit deel te wees van die behandeling van meeste akute -en chroniese siektes en toestande.  Ek help pasiënte en kliënte met 'n verskillende diagnoses om, deur middel van wetenskaplik bewese dieetstrategieë en gerigte behandeling, verdere agteruitgang te voorkom of simptome te verlig. 

Algemene toestande waar terapeutiese voeding  die verloop van die toestand sal verandar:  

  • Outo-immuun -en inflammatoriese toestande. 
  • Hormonale wanbalanse insluitend PCOS, skildklierafwykings en kortisol/spanninghormoon wanbalans
  • Dermgesondheid en algemene spysverteringsprobleme insluitend SIBO, sooibrznd, chroniese hardlywigheid en mikrobioomversteurings  
  • Metaboliese probleme soos insulienweerstandigheid, diabetes, chroniese moegheid en gewigsbestuursuitdagings

Wanneer jy 'n voedingstrategie kies wat gepasmaak is vir jou unieke situasie, maak jy 'n belegging in lewenslange welstand.

Vandag is 'n goeie dag om jou reis na beter gesondheid te begin.

BEGIN JOU REIS


Spesialis Voedingsterapie vir Spesifieke Toestande

Die verloop en uiteinde of selfs omkeer en genesing van 'n wye verskeidenheid toestande sal beínvloed word deur die individu se voedingstatus, eetgewoontes en lewensstyl. Onderaan is 'n lys van toestande waarvoor spesialis voedingterapie behandeling beskikbaar is aanlyn in Suid-Afrika en wêreldwyd. 

Algemene voedingsterapie-opsies

Metaboliese - en Gewigsbestuur

Hormonale Gesondheid

Spysverteringsgesondheid

Kardiovaskulêre en Hartgesondheid

Geestesgesondheid en Welstand

Lewensfase Voeding

Dieetbenaderings

Gepersonaliseerde Toetsing en Optimalisering

Alle konsultasies is aanlyn beskikbaar vir Suid-Afrikaanse kliënte en uitgewekenes wêreldwyd.

NEEM DIE EERSTE STAP NA BETERSKAP