fbpx

21 Dae BeterEet ‘WhatsApp’ Boot Camp vir gewigsverlies | 11 November 2019

R275.00

Out of stock

Description

Jy’s dik vir dieet!

Of jy nou 5 of 25 kg wil verloor…jy kan die vetstryd wen. Vir sommige is dit makliker as vir ander.

Proe, probeer, lekker, leer. Hierdie is jou kans om stap vir stap beter te eet en baie te leer…

Wat om te verwag en wat om te doen

Die KUBERKURSE word per ‘what’sapp’ aangebied wat beteken jy kan enige tyd en plek luister en lees en leer!

Die program skop af met ‘n kort vraelys wat my in staat stel om joú unieke behoeftes in ag te neem. Dan lei ek jou stap vir stap.

Wat jy sal leer

Watter ‘dieet’ is beter?
Manier om jou metabolisme te verbeter
Verstaan die interaksie tussen dít wat jy eet en wat jou liggaam daarmee doen
Inkopie-hulp – betereet kan bekostigbaar wees!
Resepte en idees om kosmaak makliker en beter te maak
‘n Riglyn wat jou sal help om jou eetpatroon aan te pas by jou lyf se behoeftes (Nie ‘n individuele eetplan nie).
‘n Forum om vra te vra

Aan die einde van die 21 dae sal jy toegerus wees met gereedskap wat jy elke dag in jou lewe kan toepas. Jy kan ook kies om ‘n volgende kurses te probeer en nog meer te leer….

Wat om te doen

Stap 1
Koop die kuberkurses – dit bespreek jou plek .  Jy sal  ‘n skakel ontvang om jou persoonlike besonderhede veilig in te vul, jou selnommer sal by die kursesgroep gevoeg word en 1, 2, 3 kan jy begin voordeel trek uit BeterEet!
Stap 2
Begin jou 21 dae kuberkurses – alles per what’s app of ‘n eksklusiewe facebook groep (Kies een).

Aangebied deur Mariza van Zyl RD, Kliniese Dieetkundige. Beperkte aantal persone per groep. Die kuberkurses is NIE ‘n ‘tipiese’ ondersteuningsgroep nie. Die ‘What’sApp’ platvorm word gebruik om persoonlike kontak en terugvoer moontlik en toeganklik te maak.

  • Sign up
Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.
We do not share your personal details with anyone.