Gefermenteerde voedsel is reeds vir eeue deel van kulture om die wêreld se dieet.

 

Het jy al gehoor van Miso uit Japan, Sauerkraut (suurkool) uit Duitsland of Kisri (Sorghum gefermenteerde pannekoeke) uit midde Afrika? Lokaal is meeste van ons bekend met Amasi (dikmelk), kefir (tuisgemaakte jogurt) en deesdae ook kombucha.

 

Ongelukkig word sommige gefermenteerde voedselsoorte deesdae ‘gepresserveer’ wanneer dit kommersieel voorberei en versprei word. Jogurt en Amasi is voorbeelde hiervan. Die byvoeging van ‘n preserveermiddel verleng wel die rakleeftyd van die produk, maar verminder potensieel die waarde wat dié produk toevoeg tot ons bioom. Wees dus op die uitkyk op voedseletikette wanneer jy dié produkte koop.

 

Sommige preperate is verseker van waarde veral na die gebruik van anti-biotika maar organismes wat ingeneem word, lewe slegs 2 weke in die spysverteringskanaal en verdwyn dan geleidelik.

 

Meeste mense eet te min gefermenteerde kossoorte ten spyte daarvan dat die belang van probiotika en ‘n gesonde derm voldwonge feit is.

 

Voedselfermentasie voorsien miljoene verskillende organismes wat, wanneer dit gereeld ingeneem word, ons dermomgewing in ‘balans’ hou. Daarenteen voorsien probiotika aanvullings dikwels slegs een of twee of miskien ‘n paar verskillende organismes. Sekere organismes sal in spesifieke gevalle aangedui wees maar die werking van hierdie preperate kan nie kers vashou by die variasie beskikbaar wanneer gefermenteerde voedsel gereeld op jou tafel is nie.

 

‘n Arm of ‘eentonige’ dermbioom – soos wat die geval sal wees as jy ‘n eentonige dieet volg wat meer staatmaak of vleis of stysel of klaarvoorbereide voedsel, tesame met die oorgebruik van anti-biotika en preserveermiddels, het ‘n uitgesproke effek op ons algehele gesondheid. Ontwikkeling van toestande soos prikkelbare derm, inflammatoriese toestande soos artrites, hipercholesterolemie, diabetes, depressie en angs en selfs oorgewig en onderaktiewe skildklier kan herlei word na wat in ons derm aan die gang is…of liewer dan – hoe goed ons dermbioom daaruit sien.

 

Probeer gerus hierdie maklike resepte en maak gefermenteerde kos deel van jou dieet! Wees ook op die uitkyk vir gefermenteerde produkte wanneer jy inkopies doen! Dít is tans ‘n wêreldwye voedsel ‘trend’ en maak die lewe makliker en gesonder as wanneer jy alles self moet doen.

 

Gepekelde blomkool

 

Bestanddele 

3 koppies blomkool blommetjies, gebreek van die blomkool af

1 knoffelhuisie, fyngekap of gepars 

1 eetlepel komynsade 

3-4 peperkorrel 

1 lourierblaar

 

Oplossing van 1 teelepel seesout en 1 liter gefiltreerde of bronwater

Metode

Gebruik ‘n groot glasfles wat goed uitgewas is en mikrogolf dit vir 5 minute.

Prop die gewaste blomkool blommetjies so dig as moontlik in die glasfles.

Meng al die ander bestanddele en voeg net ‘n bietjie water by om die sout op te los. Gooi hierdie mengsel in die glasfles vol blomkool en vul dan die houer met gefiltreerde water sodat die blomkool heeltemal bedek is. 

Laat staan en bedek met ‘n lappie en rekkie óf die deksel net liggies opgedraai vir 4 tot 5 dae op ‘n koel plek in die huis. 

Sit nou die fles in die yskas en geniet jou gepekelde blomkool saam met slaaie of koue vleis. 

Indien die blommetjies nie bedek is met water nie, sal dit ‘n snaakse kleur kry en sleg ruik. Skep dit uit en moet dit nie eet nie. Sorg dat die res van die blommetjies goed onder die water is.

Indien die blomkool ‘n snaakse kleur kry of sleg ruik na die vier dae, gooi liewer die mengsel weg. Die soutwater behoort egter na ongeveer 4 dae suur te proe en die blomkool minder wit, byna asof dit gestoom is. 

Skep ‘n paar blommetjies en geniet as happie of saam met maaltye.

  

Gefermenteerde koolslaai (Sauerkraut)

 

Bestanddele

 

1 groot kopkool of 6 klein organiese kooltjies 

1 eetlepel sout

1 eetlepel komyn

1 Groot glasfles

 

Metode 

Werk met skoon hande op ‘n skoon oppervlak. 

Verwyder net die buiteblare van die kool.

Sny die kool so dun as moontlik of gebruik ‘n mandoliensnyer 

Sit die gesnipperde kool in ‘n groot bak en sprinkel sout oor. Gebruik jou hande om die die sout in die kool in te werk deur dit te druk. Die volume word vinnig minder en daar behoort water uit te skei.

Hou vir ongeveer 5 minute hiermee aan of tot die volume van die kool sodanig is dat dit in ‘n groot Consol-glasfles sal pas.

Gebruik ‘n lepel om die kool uit die bak te skep en druk dit vas in die bottel sodat daar ‘n lagie water bo-op is. Laat staan toe, bedek met ‘n lappie of die deksel liggies opgedraai by kamertemperatuur.Na ongeveer 5 – 7 dae behoort die kool sodanig te wees dat dit water nie meer sout is nie, maar suur. Die produk kan nou in die yskas gehou word.

Eet ‘n lepel of twee hiervan weekliks. Dis heerlik saam met vark of sommer ‘n kombinasie van slaaie.

 

Gefermenteerde graandrankie (Genoeg vir 1 – 2 persone) 

Bestanddele

1/2 koppie koringkorrels of spelt (verkieslik organiese of heel ‘Millet’ (Giers) of sorghum)

1 1/2 koppie water 

Gebruik ‘n porselein of glas bakkie 

Hou ‘n lappie om die bakkie te bedek byderhand

 

Metode
Mengsel 1: 

Gooi die water by die koringkorrels en laat staan vir 2 – 4 dae. Wanneer ‘n gislagie op die water duidelik sigbaar is, gooi die water deur ‘n sif af en sit in die koelkas sodat jy dit koud kan drink. Voeg weer 1 1/2 koppie water by die korrels, maar laat staan hierdie keer net vir 1 2 dae. Herhaal die proses ‘n derde keer en laat staan dan die korrels vir slegs 1 dag. In kouer weer neem dit heelwat langer vir die gislagie om te vorm. 

Die mengsel ruik en proe bietjie suur. Indien dit egter sleg of vrot ruik (nie soos gis), gooi liewer die mengsel uit, spoel die korrels af en herhaal die tweede en derde stappe.

Doen hierdie oefening 2 – 3 keer per maand vir beter probiotika balans.

 

 

 

  • Sign up
Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.
We do not share your personal details with anyone.