The BetterEat learning centre

Follow our lead to learn

You are in the right place if you are interested in ‘diet’ – but tired of sifting through the dogma, trends and sensation-driven band-wagon strategies. Learn how nutrition and food impacts health, disease risk and life phases in many ways. Allow me to shine the light on the importance of finding a unique,  personalised, holistic and integrative, yet practical strategy that suits your life and impacts your health!

Workshop Coming Soon

Die ‘basics’ van betereet vir vroue na 45 – Is vetword onafwendbaar?

Formaat van werkswinkel: Kos en Gesondheids-paring vir vroue oor 45.

(aangebied in Afrikaans)

Dit gaan oor meer as vet..
’n Heerlike benadering van proe, ruik, leer en verstaan! Liggaams- en hormoonveranderinge en vrouegesondheid en nog meer wat jy moet weet as jy rondom 45 + en ’n vrou is! Werkswinkel sluit in resepte en ietsie om huis toe te neem. Hierdie geleentheid beloof om jou te leer nie net WANNEER en WAT om te eet nie maar ook hoe om jou patroon te modifiseer sonder dat jy heeltyd hoef te “dieet”.

Bekom omvattende inligting en lekker maniere om dit reg te kry. Leer meer oor “chrono-voeding” en metaboliese uniekhede, nuwe strategië om gewig te kan verloor of wegholgewigtoename te keer of maak jou mikpunt net algemene beter gesondheid!

Beperkte aantal plekke beskikbaar per sessie.

Paarl

Datum sal bevestig word

Tyd: 3 ure

R630,00 pp

Indien jy belangstel, voltooi die vorm en jy sal ‘n epos ontvang met die datum, plek en besprekings-opsies

Lees meer oor die inhoud van die werkswinkel

Vir wie is die werkswinkel?:

Vroue ouer as 45.

Wat jy sal leer:

Kritiese koskeuse vir vroue na 45 – wat is in – wat moet uit.

Verstaan die veranderinge in jou lyf – is vetword onafwendbaar? 5 Stappe om jou dag-tot-dag eetpatroon aan te pas om die veranderinge in jou metabolisme/jou liggaamsmeganismes te ondervang en praktiese wenke.

’n Oorsig oor gewigsverlies strategië (verskillende dieëte) wat werk en wat werk nie en hoekom nie.

Jou eetpatroon – ’n magtige wapen as jy weet hoe om dit te gebruik teen:
Gewigsprobleme – verloor dit of keer dat dit weghol
Verandering in jou lyf wat jou strategie affekteer – insulienweerstandigheid, skildklier, te min tyd om te oefen
Depressie – impak op jou eetpatroon, en jou eetpatroon se impak op depressie
Hartsiekte en beroerte – moet ek nou al daaroor bekommerd wees?
Geheuekapasiteit – beskerm jou brein teen veroudering en ontwikkeling van Alzheimer
Siektes en toestande wat jou lewe skielik of oor ’n periode kan affekteer: bors – en ander kanker, osteoporose, bloedarmoede
Vertraag veroudering – strategieë(uitgesonder kosmetiese intervensie bv. Botox) wat die moeite werd is om toe te pas.

Vrese en bekommernisse wat aangespreek sal word:

Gaan ek vetword/osteoporose kry/depressie kry/sleg slaap/verhoogde risiko vir kanker hê/cholesterol/skildklierprobleme ontwikkel soos my ma/ouer vriendinne/ Ek sukkel reeds om my gewig kontant te hou – is daar ’n ‘magic’ potion?

The BetterEat Consultancy & Private Practice is situated

in Paarl, Western Cape, South Africa

Email: mariza@bettereat.co.za

Phone: +27 21 872 8423

BetterEat news & advice in your inbox